Ons glo soveel mense moontlik moet toegerus wees. Skrifgedeeltes wat in ons denke hieroor ‘n belangrike rol speel, is byvoorbeeld Jesus se opdrag in Matteus 28:16-20 (“…maak die mense my dissipels … leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.)

Daarom is “Eerste woorde oor…” -gesprekke ontwikkel. Dit is afgestem op ons elkedagse lewenspraktyk en maak gebruik van deelnemende/interaktiewe leer sodat almal wat dit deurloop het, na afloop daarvan self die gesprekke sal kan lei en/of aanbied. Dit word genoem ‘eerste woorde’ omdat ons glo dat daar elke keer méér waar en te ontdek is as wat ons in enkele gesprekke met mekaar kan deel. Die verskillende gesprekke word opeenvolgend deur die loop van die jaar (hou hiervoor die gemeente-media dop) of op aanvraag aangebied. Gesprekke bestaan normaalweg uit verskillende gespreksessies van 70min elk. 

Gesprek met God

Hierdie gesprek handel oor gebed
(6 Gespreksessies).

Gesprek oor God

Die aanleer van die vaardigheid om met ander oor God te praat.
(2 of 3 Gespreksessies).

Hoe ons ander kan begelei om in jesus te glo

(2 of 3 Gespreksessies).

die bybel en bybeluitleg

Inleiding tot die Bybel, oorsig oor die Ou Testament, oorsig oor die Nuwe Testament, en inoefening van Bybeluitleg
(5 Gespreksessies)

Bybeluitleg

Leer om die Bybel uit te lê, om die Bybel te lees met die oog op openbaring en verandering eerder as blote informasie.
(3 Gespreksessies)

Hoe om bewus van god te lewe

(3 Gespreksessies).

Ouerskap/ opvoeding/ dissipelskap

Verskillende gesprekke is vir verskillende lewensfases ontwikkel. Onderwerpe van ouers se keuses kan op versoek hier ingewerk word. Gespreksessies duur min of meer drie ure op ‘n keer, normaalweg op ‘n Saterdagoggend. 

Leierskap

‘n Moontlike Bybelse perspektief op leierskap
(1 Gespreksessie)

Geloofs-onderskeiding

Hoe werk geloofsonderskeiding? Hoe leef ons geloofsonderskeidend sodat ons optrede bepaal word deur wie ons in Christus is eerder as deur ons omgewing?
(5 Gespreksessies)

Huweliksvoorbereiding

Die aantal sessies en inhoud van geleenthede word saamgestel uit ‘n verskeidenheid tema’s met die oog op spesifieke groepe of individuele pare wat betrokke is. Dit mag nodig wees dat persone wat dit deurloop het en dit self wil aanbied, dit aanvanklik eers onder mentorskap van een van die leraars doen.

Huweliksverryking

Die aantal sessies en inhoud van geleenthede word saamgestel uit ‘n verskeidenheid tema’s met die oog op spesifieke groepe of individuele pare wat betrokke is. Dit mag nodig wees dat persone wat dit deurloop het en dit self wil aanbied, dit aanvanklik eers onder mentorskap van een van die leraars doen.

lorem ipsum

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore.