Kersgeskenke

Elke jaar in November loods ons ‘n kersgeskenk-projek wat help dat kinders wat waarskynlik nie ‘n kersgeskenk sal kry nie, wel ‘n geskenk ontvang. Ons fokus vir hierdie projek is normaalweg ten minste die kleuterskool wat deur ons ondersteun word in die Dordabis-nedersetting (ongeveer 100 km suid-oos van Windhoek) en wat deur gemeentelede begin is. Persone wat geroepe voel om aan die projek deel te neem, ontvang ‘n spesifieke kind se naam en ouderdom en stel ‘n pakkie saam vir die betrokke kind. Riglyne vir die inhoud van pakkies word voorsien.

Kontak vir Lana van Zyl ( +264 81 246 6560) as jy betrokke wil raak by hierdie Diensgroep.