Etes vir haweloses en betrokkenheid by Thinus Bakkes Oornagskuiling

Ons is by hierdie diensaksie in die middestad betrokke saam met NG Kerk Moedergemeente. Die aksie het ten doel om oornagskuiling aan haweloses te bied en hawelose, werklose mense uiteindelik “terug te plaas” in die samelewing, om daar ‘n sinvolle bydrae te lewer. Ons roeping is om ten minste een voedsame ete per week aan mense by die oornagskuiling te voorsien en die NG kerk Windhoek-Oos op die oornagskuiling se raad te verteenwoordig.

Kontak vir Hennie of Jana Gous (+264 81 124 3041) indien jy betrokke wil raak