Administrasie en Finansies

Ons roeping is alle sake rakende finansies, personeel, eiendom en administrasie … die skep van infrastruktuur sodat vaste personeel, diensgroepe en diensaksies hulle roeping kan uitleef sonder om hulle te bekommer oor die middele en infrastruktuur om daardie diens effektief te lewer. Die gemeentebegroting is ons verantwoordelikheid. In Windhoek-Oos glo ons dat beskikbaarheid van fondse nie ons dienswerk (wat ons kan doen of nie kan doen nie) moet bepaal nie, maar dat ons dienswerk bepaal moet word deur dit waartoe ons glo die Here ons roep. Dit beteken dat die kerkraad eers – sonder om enige syfers in berekening te bring – by die Here probeer hoor wat die gemeente alles veronderstel is om te doen. Eers daarná word die begroting opgestel.‘n Belangrike deel van ons roeping is die oorweging van hulpverleningsversoeke en die bestuur van die gemeente se hulpverleningsfonds.Ons vergader normaalweg maandeliks.

Kontak vir Christoff Bauernschmitt (+264 81 122 4242) vir enige inligting of om betrokke te raak by hierdie groep.