Sauyemwa

Ons reël en organiseer die NG Kerk Windhoek-Oos se vennootskap met die Verenigende Gereformeerde Kerk Sauyemwa, hoofsaaklik geleë in die Sauyemwa woongebied by Rundu in die Kavango. Die gemeentes bid gereeld vir mekaar, ruil wysheid, kennis en ondervinding uit en bou vriendskapsbande. Aksies daar wat spesifiek deur ons ondersteun word, is ‘n voorskoolse speelgroep op die terrein van die kerkgebou, jeugwerk, die vrouediens, Bybelverspreiding en die opleiding van gemeenteleiers..

Kontak vir Marlene Steytler (+264 81 124 9363) vir meer inligting .