Saaleredienste

Ons fokus is mense in die ouderdomsgroep tot en met graad 4 én hulle ouers. Ons glo dat kinders (gesinne!) in die erediens hoort, in eredienste tuis kán voel en dat kinders (gesinne!) van eredienste en die feit dat hulle deel is van die kerk kán hou, dat kinders net soveel deel is van die gemeente as volwassenes, dat Hy kinders net soveel gebruik as volwassenes en hulle ook roep om sy liefde te lééf. Saaleredienste het ten doel om kinders in die ouderdomsgroep tot en met Graad 4 (saam met hulle ouers!) in te lei in die gemeentelike eredienste (in die kerkgebou) as ontmoeting met God.Saaleredienste vind normaalweg een keer per maand in die kerksaal plaas, val saam met eredienste in die kerkgebou, en duur van 09:10-09:55..

Kontak vir Hendrik Koekemoer (+264 81 127 0917) vir meer inligting