Gasvryheid

In die lewe van die kerk oor die eeue is gasvryheid ‘n sleutelsaak en is dit deurentyd beskou as iets wat baie naby aan die hart van christenwees lê. Gasvryheid is almal van ons se roeping en almal van ons is veronderstel om dit as gewoonte in te oefen. Die diensgroep vir gasvryheid gaan die res van die gemeente hierin voor, gee op spesifieke, konkrete maniere gestalte aan gasvryheid, lei die res van die gemeente wat gasvryheid aanbetref en help só die res van ons in die uitlewing van hierdie roeping van die Here. Ons wil mense laat welkom voel in die gemeente, by byeenkomste en aktiwiteite van die gemeente … en wil seker maak dat diegene wat nie (meer) by eredienste en aktiwiteite kan inskakel nie, nie vergeet word nie..

Wil jy hier betrokke raak?
Kontak vir Jossie Koekemoer (+264 81 127 9160)