Kerkraad

Ons roeping is om voortdurend onderskeidend te luister op watter pad die Here ons as gemeente roep. Daarom speel die lees en bestudering van die Bybel ‘n belangrike rol by ons vergaderings en in alles wat ons doen. Die resultaat van hierdie onderskeidingsproses vind uitdrukking in alles wat in en deur die gemeente gebeur. Hiervoor is die kerkraad verantwoordelik. Alle sake rakende lidmaatskap van die gemeente is ook ons verantwoordelikheid. Kerkraadslede word deur diensgroepe, -diensaksies, projekte of deur gemeentelede genomineer..

Vir meer inligting kontak vir Hendrik Koekemoer (+264 81 127 0917)