Acts

Ons fokus is mense in die ouderdomsgroep Graad 8-11. Die klem val op die aanleer en inoefen van die basiese vaardighede van christenwees, om as mense van God te léwe (byvoorbeeld: Om met en oor God te praat en na Hom te luister, Bybeluitleg). Ons sien onsself as ‘n hulpdiens vir ouers.Byeenkomste is normaalweg Sondae van 18:30-20:00 by die kerkgebou. Groepleiers (“actors”) vergader weekliks op Woensdae 17:30-18:30..

Kontak vir Hendrik Koekemoer (+264 81 127 0917) vir meer inligting