Junior Kategese
Ons fokus is mense in die ouderdomsgroep Graad 1-3. Die klem val op Bybelkennis en –vaardighede. Ouers – só glo ons – is primêr verantwoordelik vir die geloofsbegeleiding van hulle kinders. Ons sien onsself bloot as ‘n hulpdiens vir ouers.Byeenkomste is normaalweg Sondae van 10:10-10:45 in die kerkgebou.
Kontak vir Eddie Turner (+264 81 228 9137) vir meer inligting