• Kerk
  • Gemeente
  • kerk-buite
  • kerk-binne-bybel-kers
  • kerk-binne-verhoog
  • kerk-binne-orrel

Tiendemaand

Die rol van hierdie projek in die lewe van die gemeente is om ons gereeld (ten minste een keer per jaar) konkreet te laat nadink oor ons finansiële bydraes as teken van ons dankbaarheid teenoor die Here. Die projek duur normaalweg vanaf die gemeentestigtingdag-herdenking aan die einde van Oktober tot aan die einde van die laaste skooltermyn. Die uitdaging aan elkeen is om in hierdie tydeperk ten minste een werklike tiende van sy/haar maandelikse inkomste aan die Here te wy.

Hendrik

Hendrik Koekemoer
Kerkraadsvoorsitter/Projekkoördineerder
Tel: 00264 61 – 231 045
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Dade van Deernis (DVD’s)

Normaalweg herdenk ons die stigting van die NG Kerk Windhoek-Oos (in 1960) aan die einde van Oktober. Stigtingsdag-herdenking dien as die afskop vir die dade-van-deernis-projek en word telkens gekoppel aan hoeveel jare die gemeente reeds die voorreg het om te bestaan. In 2014 was dit byoorbeeld 54 Dade van deernis en in 2015, 55 Dade van Deernis. Die projek is ‘n uitdaging aan elke persoon wat met die NG Kerk Windhoek-Oos assosieer om in die tydperk vanaf gemeentestigtingsherdenking totdat die skole in die volgende jaar weer begin, doelbewus met deernis teenoor medemense op te tree … ten minste soveel keer soos hoeveel jare die gemeente bestaan. Ons kontroleer nie mekaar nie, maar herinner mekaar so dikwels as moontlik aan die uitdaging en mense teenoor wie deernis bewys word, hoef ook nie noodwendig te weet van wie dit kom nie. Die moontlikhede is eindeloos en dit is baie pret ook.

Voorbeelde van DVD’s uit die afgelope jare (en daar is baie meer, want ons weet mos nie regtig wie wat gedoen het nie):

  • Die vullisverwyderaars van die munisipaliteit het elkeen ‘n roomys met ‘n spesiale “dankie” ontvang
  • Kinders uit behoeftige gesinne se skoolgelde is betaal
  • ‘n Minuut of twee ekstra is aan karwagte spandeer om vas te stel wat hulle name is, waar hulle bly, of hulle kinders het, ensovoorts
  • Blyke van waardering vir mense wat baie opoffer om ander se lewens te vergemaklik (byvoorbeeld verpleegsterpersoneel, hulpwerkers in ouetehuise, polisielede, sekuriteitswagte)
  • Mense (byvoorbeeld winkelpersoneel by kasregisters, petroljoggies, koerantverkopers, kelners) se name is aangeleer en hulle is op hulle name aangespreek
  • Spesiale anonieme boodskappe van waardering vir onderwysers op die skryfborde in hulle klaskamers
  • Kuiers by mense wat min of nooit nie kuiergaste ontvang

Dade-van-deernis

Hestie Hay, Hendrik Koekemoer en André Louw
“Beskermhere” van die projek

Gholfdag

Ons reël reeds sedert 2005 jaarliks ‘n gholfdag met Windhoek Consulting Engineers (WCE) as die hoofborg. Hierdie is ‘n fondsinsamelingsaksie. Die totale inkomste uit hierdie dag word die afgelope jare geskenk aan Boesmanland/DEGNOS (lees hieroor onder “Diensaksies”) … ‘n geskenk bo en behalwe fondse wat ons in elk geval vir hierdie diensaksie begroot.

christoff

Christoff Bauernschmitt
Kontakpersoon vir Gholfdag

Kersgeskenke

Elke jaar in November loods ons ‘n kersgeskenk-projek wat help dat kinders wat waarskynlik nie ‘n kersgeskenk sal kry nie, wel ‘n geskenk ontvang. Ons fokus vir hierdie projek is normaalweg ten minste die kleuterskool wat deur ons ondersteun word in die Dordabis-nedersetting (ongeveer 100 km suid-oos van Windhoek) en wat deur gemeentelede begin is.

Persone wat geroepe voel om aan die projek deel te neem, ontvang ‘n spesifieke kind se naam en ouderdom en stel ‘n pakkie saam vir die betrokke kind. Riglyne vir die inhoud van pakkies word voorsien.

Lana-van-Zyl

Projekkoördineerder
Tel: 061 245 073

Sel: +264 81 149 2470

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Vleisfees

Vleisfees

Ons jaarlikse Vleisfees is wyd bekend in die stad vir goeie gehalte vleisprodukte en billike pryse. Hierdie is ‘n fondsinsamelingsprojek. Hoe meer ons het, hoe meer het ons waarmee ons kan dien!

Navrae: Thinus Smit

Kontak die kerkkantoor by 061 234 885 vir meer  besonderhede