• Kerk
  • Gemeente
  • kerk-buite
  • kerk-binne-bybel-kers
  • kerk-binne-verhoog
  • kerk-binne-orrel

Etes vir haweloses en betrokkenheid by die Thinus Bakkes Oornagskuiling

Ons is by hierdie diensaksie in die middestad betrokke saam met NG Kerk Moedergemeente. Die aksie het ten doel om oornagskuiling aan haweloses te bied en hawelose, werklose mense uiteindelik “terug te plaas” in die samelewing, om daar ‘n sinvolle bydrae te lewer. Ons roeping is om ten minste een voedsame ete per week aan mense by die oornagskuiling te voorsien en die NG kerk Windhoek-Oos op die oornagskuiling se raad te verteenwoordig.

Jana-Gouws

Hennie en Jana Gous
Leiers/verteenwoordigers
Kontak die kerkkantoor by 061 234 885 vir meer besonderhede

Sauyemwa

Diensaksie vir Sauyemwa

Laurentius

Ds. Laurentius Hausiku

Ons reël en organiseer die NG Kerk Windhoek-Oos se vennootskap met die Verenigende Gereformeerde Kerk Sauyemwa, hoofsaaklik geleë in die Sauyemwa woongebied by Rundu in die Kavango. Die gemeentes bid gereeld vir mekaar, ruil wysheid, kennis en ondervinding uit en bou vriendskapsbande. Aksies daar wat spesifiek deur ons ondersteun word, is ‘n voorskoolse speelgroep op die terrein van die kerkgebou, jeugwerk, die vrouediens, Bybelverspreiding en die opleiding van gemeenteleiers.

Marlene-Steytler

Marlene Steytler
Kontakpersoon vir Sauyemwa

Sel: +264 81 124 9363

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Of kontak die kerkkantoor by 061 234 885 vir meer besonderhede.

Boesmanland / DEGNOS

Ons reël en organiseer die NG Kerk Windhoek-Oos se betrokkenheid by en ondersteuning van die personeel en werk van DEGNOS (Diens en Getuienis Noord-Oos Sentrum) in hoofsaaklik Boesmanland in die Noord-Ooste van Namibië. DEGNOS is verantwoordelik vir die opleiding (opleidingsentrum op Grootfontein) en aanwending van inheemse predikante op ‘n verskeidenheid bedieningspunte in Noord-Oos Namibië, gemeenskapsprojekte en kleuterskole. Daar is baie getuienisse oor hoe mense se oë hier oopgaan vir die waarheid van die Woord, hoe die Evangelie mense se harte aanraak en hoe wanpersepsies of bygelowe verander wanneer die Lig daarop val.

Petrus

Petrus Meiring
Kontakpersoon vir DEGNOS

Sel: +264 81 883 5097

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kontak die kerkkantoor by 061 234 885 vir meer besonderhede

VOOMA

Ons stimuleer gesprek oor kinderopvoeding. Ons help mekaar en ander ouers in dieselfde lewensfase as ons met ouerskap, opvoeding, familiewees … as Christene. Dalk doen ons niks anders nie as om te kuier oor ons eie dissipelskap, en oor hoe ons dit aan ons kinders oordra.

 

Andre

Andrè Louw

Tel: 00264 61 – 222 944 
e-pos:  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.