Katutura Ouetehuis

Ons wil graag God se liefde lééf deur – sover as wat dit vir ons moontlik is – ‘n bydrae te lewer tot die effektiewe funksionering van die Katutura Ouetehuis ten einde die inwoners se lewe (laaste jare op aarde) so vreugdevol en probleemloos as moontlik te laat verloop. Ons reël en organiseer dus die NG Kerk Windhoek-Oos se dienswerk en betrokkenheid by die tehuis. 

Kontak vir Belisa Lourens
(+264 81 655 4386)
as jy wil betrokke raak by hierdie Diensgroep.