• Kerk
  • Gemeente
  • kerk-buite
  • kerk-binne-bybel-kers
  • kerk-binne-verhoog
  • kerk-binne-orrel
Erediens van 29 September 2019

Genade is om te weet nét God help

Gelei deur: Hendrik Koekemoer

Skriflesing: Luk 16: 19-31

Luk 16: 19-31      Genade is om te weet nét God help

Voor Skriflesing

God is mos soos ‘n groot geslypte diamant …   Elke keer as jy na Hom kyk, sien jy ‘n ander kant, ‘n ander faset, van Hom raak. Die verskil tussen God en ‘n diamant is natuurlik dat jy ‘n diamant se fasette kan tel. Daarenteen het God oneindig, letterlik oneindig, vele kante.

Die afgelope Sondag of drie, was dit vir my so lekker om net weer in verwondering te raak oor ‘Hoe’ en oor ‘Wie’ Hy is. Ons het ‘n kykie in Sy hart gekry. En ons sien Sy hart breek oor elkeen wat Hom nie ken en dien vir Wie Hy regtig is nie. Ons het gesien Sy hart breek oor ‘n skaap wat so stupid is om sommer net weg te raak. Hy los alles om daardie skaap te gaan soek. As Hy hom kry, dan hou Hy ‘n reuse partytjie, want, sê Hy: Hierdie skaap van My wat weg was, het Ek weer gekry ...! Hy is opgewonde oor die skaap wat nie deur ‘n rooikat of ander roofdier opgevreet gaan word nie. Hy is bly vir die skaap se part.

Maar Hy is ook bly vir Sy eie part, want die muntstuk wat Hy verloor het, Sy persoonlike verlies, is ook herstel. Sien, die leë stoel aan die tafel wat Hy vir sy kinders voorberei het, is weer gevul. Vir elkeen wat verlore gaan, is God se hart dubbeld stukkend. Sy hart breek nie net weens die feit dat iemand se lewe op niks uitloop en dit in smarte eindig nie, Sy hart breek ook oor die leë sitplek aan Sy tafel, eintlik beter gesê, oor die leë plek in Sy hart. Daarom is Sy vreugde ook dubbeld vir elke sondaar wat hom bekeer. Hy is opgewonde en dankbaar oor elke lewe wat gered word, maar Hy is ook opgewonde en dankbaar oor die plek in Sy hart wat weer heel is, die gemis in Sy binneste wat weer herstel is.

So ‘n God kan en moet maar net alleen gedien word. Hy kan nie maar net ‘onder andere’, as een van vele opsies gedien word nie. Dit hoort net eenvoudig nie so nie. Die gepaste ding om te doen, is om hierdie Here met jou hele wese te dien. Dit kan tog nie anders nie! As ons Hom maar net met dieselfde ywer, en kreatiwiteit en toewyding kon dien waarmee die wêreld, hulle wat nie vir Jesus ken nie, hulle gode, hulle god Mammon dien. Soos geld en goed vir die wêreld die enigste en al is wat tel en saak maak, iets waarop jy jou hele lewe kan waag, so sê Jesus in die gelykenis van die onregverdige bestuurder, verwag die Here van ons om Hom te dien. Ons mag maar ook só ons lewe met Hom waag. Ons kan tog nie vir God en Mammon dien nie ... en ons wil ook nie en sal ook nie. Ons ken dan God se hart ...

In vandag se teks van die ryk man en Lasarus word hierdie diamant weer so effens, nie te baie nie, maar tog, gedraai.

Die God waaroor ons tot nou toe gepraat het, is meer as wat ons kan dink of kan droom, ‘n genadige God. Mense, om God se genade te verstaan, is natuurlik nie so ‘n eenvoudige ding nie, inteendeel, mens het nogal heelwat genade nodig om die genade te verstaan – ten minste om die genade as genade te verstaan ... Dit is ‘n verskriklik gelaaide woord. Daarom kan ook net die Here ons help om die genade as genade te verstaan en te vier. Dit verg inderdaad die genade van die Here om die genade te verstaan, omdat die woord ‘genade’ nie net ‘n mooi woord is nie, dit is op ‘n manier ook ‘n aanstootlike woord. Die woord ‘genade’ kan inderdaad ook ‘genadeloos’ wees: Dit breek jou stukkend en dit frommel jou op, om Flip Theron se woorde te gebruik. Iemand anders sê selfs hy weier om hom deur soveel edelmoedigheid te laat verpletter. Genade is ‘n mooi woord ... vir ‘n bedelaar – maar dan ook nét vir ‘n bedelaar.

Skriflesing: Luk 16: 19-31

En daar was ‘n ryk man ... En daar was ‘n bedelaar...

Kom ons begin by die begin: “En daar was ‘n ryk man ...” Ek kan nie aan nog iemand dink wat meer belaster en sleggesê is as hierdie arme ryk man nie. Hy word name genoem, hy word uitgeskel vir al wat sleg is en sommer summier goddeloos genoem. Hy is ‘n uiterste booswig wat bloot maar sy verdiende loon kry. y isTog, in die gelykenis is daar van al hierdie aantygings geen sprake van nie. Ons, die lesers van vandag, het van die ryk man ‘n slegte man gemaak. In die gelykenis is hy egter nie sleg nie – hy is net ryk. Dit is nie dieselfde ding nie.

Jy sou dit seker teen hom kon hou dat hy nie vir Lasarus genooi het om saam met hom aan tafel te kom eet nie, veral, sê Flip Theron dan, as jý die gewoonte het om saam met bedelaars te eet. Ons moet versigtig wees, wanneer ons oor die ryk man praat, sodat ons tog nie te vinnig oordeel nie. Die wêreld van daardie tyd was gekenmerk deur geweldige maatskaplike ongelykhede. Daar was ryk mense en daar was arm mense. Hy was ryk en ryk mense het nou maar eenmaal so gelewe: Duur, deftig, weelderig en feestelik. Ons sou selfs kon sê hy was bloot ‘n voorspoedige, vermoënde, gerespekteerde en gesiene man. Hy was iemand wat aansien geniet het. Hy was nou regtig ‘n toonbeeld van sukses.

Sien, ons moenie sommer net aanvaar dat sy optrede, of selfs sy gebrek aan optrede, van harteloosheid getuig nie. Op ‘n manier was dit maar hoe dinge gewerk het. Wanneer ons in v 21 lees dat Lasarus gewens het om iets van dit wat van die ryk man se tafel afval te kry, voeg ons sommer self by, ‘maar die ryk man het hom dit nie gegun nie’. Maar dit staan nie daar nie. Hierdie woorde wil maar net die kontras tussen die ryk man en Lasarus skilder.

Jy sou selfs ‘n verdere tree kon gee deur, om die feit dat Lasarus voor die ryk man se hek lê, in sy guns te laat tel. So ‘n bedelaar vol swere en ‘n klomp rondloper honde wat aan sy swere lek, sou nou nie eintlik die waarde van jou eiendom opstoot nie. Die meeste rykes wat ek ken, sou dit hoegenaamd nie duld nie. Ek waarskynlik ook nie – ek sou dalk op die bedelaar en die honde ewe hard ‘Voertsek’ geskree het.

Daar bestaan ook geen rede om te dink dat hierdie ryk man ongodsdienstig was nie. Jesus het juis die uiters godsdienstige Fariseërs in gedagte gehad toe Hy hierdie gelykenis vertel het. Ons het dus geen rede om hierdie ryk man uit te skel vir alles wat sleg is nie. Al wat ons met sekerheid van hom weet, is dat hy ryk was ... en elke dag so geleef het!

“En dan was daar ‘n bedelaar ...” Hoe slegter ons die ryk man gemaak het, hoe vromer het ons vir Lasarus voorgestel. Byna soos die honde wat hom probeer blink lek het, het ons links en regs sertifikate van goedheid, godsdienstigheid, vroomheid aan hierdie bedelaar uitgedeel. Net jammer: Oor al hierdie glinsterende deugde swyg die gelykenis in alle tale. In die gelykenis is die bedelaar nie goed nie – hy is bloot arm. Interessant, in die tweede bedryf wanneer die ryk man vir Lasarus vra om sy tong met bietjie water af te koel, antwoord Abraham nie: Nee, jy was ‘sleg’ en Lasarus was ‘goed‘ nie, maar (letterlik): Jy was ‘ryk’ en Lasarus was ‘ellendig’.

In die Joodse volksmond was daar ‘n verhaal wat op ‘n haar na dieselfde as ons teks geklink het, maar daar het dit egter oor vergelding gegaan, oor die omruil van rolle. In die Joodse verhaal was daar ‘n skatryk tollenaar en ‘n arme ou Skrifgeleerde. In die hiernamaals egter – soos in ons gelykenis – is die rolle toe presies omgekeer. Dan stap die arme ou Skrifgeleerde rustig tussen die palmbome en die waterstrome van die paradys, terwyl die skatryk tollenaar wel die water kan sien, maar dit nie kan drink nie. Sou ons daarom uit ons verhaal kon aflei dat rykdom op sig self sleg is en ellende goed? Beteken rykdom dat jy per sé vir die doderyk bestem is, terwyl die omgekeerde waar is van die bedelaar? Is jy iewers ryk genoeg vir die hel en arm genoeg vir die hemel?

Julle sal waarskynlik saam met my die aanvoeling hê dat mens bietjie fyner sal moet lees as dit. Dit moet tog oor meer gaan as dit ...! Wat nogal opvallend is van hierdie gelykenis, iets wat ons in geen ander gelykenis kry nie, is dat aan een van die hoofkarakters ‘n naam gegee word, ‘n eienaam, Lasarus. Dit kan tog nie toevallig wees nie, veral as mens die groot rol wat ‘n naam in die Bybelse tyd gespeel het, in gedagte hou nie. In die Bybelse tyd het ‘n naam iets gesê van wie jy ís. Dit het op ‘n manier jou wese uitgedruk, jou identiteit en jou karakter beskryf. So wil die naam Lasarus dan ook iets van die wese en karakter van hierdie bedelaar beskryf.

Maar meer as dit, dit het ook iets te sê oor die wese en karakter van die God van hierdie bedelaar. Die oomblik dat ons Lasarus se naam leer ken, gaan die eintlike bedoeling van hierdie gelykenis vir ons oop. ‘n Goeie vertaling van Lasarus se naam, is dan ook: God is hulp. Die wese van hierdie bedelaar, sy ganse bestaan is één noodkreet, nl: God help! Dit is al wat hy van homself kan sê. Wanneer dit gebeur ... dan help God. Dit is hoe Hy is. In hierdie arm bedelaar se naam, ontdek ons dus nie net wie hy is nie, maar ons ontdek veral ook Wie God is. Dit is wie en hoe Hy is, dit is Sy wese, dit is in Sy aard en karakter om te help. God is ‘n God wat help. Hy is die Hulp vir die hulpelose, die Redder van die reddelose. Jy kan Sy wese soos ons Hom hier leer ken in ‘n enkele woord saamvat: Hy is genade – Hy is die God van genade!

In hierdie naam lê die aard en karakter van Lasarus in ons gelykenis, die aard en karakter van wie God is, maar terselfdertyd ook die aard en karakter van wie ons is, die Lasarusse van vandag – die kerk. Die kerk, ons, is ‘n versameling van mense wat leef by die wete dat hulle hulpeloos uitgelewer is aan God se genade – mense wat weet dat hulle uit hulleself absoluut niks het om op te roem nie. In ons wese is ons bedelaars voor God, ‘n God wat help. Lasarus is een stuk verlange na God, een stuk noodroep om hulp. Uitgelewer, hulpeloos, nie in staat om homself te help nie. Onbelangrik, absoluut nie gereken nie. Lasarus het niks waarop hy kan roem nie, behalwe God, terwyl die ryk man alles het, behalwe God.

Die ryk man was nie sleg nie, hy was selfs godsdienstig, uiters godsdienstig, het ons vroeër gesê. V 14 – 15: Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag. Hy sê toe vir hulle: “Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is 'n gruwel voor God. In hierdie woorde van Jesus word ons gelykenis dan ook ‘n parallel van die baie bekendegelykenis van die Fariseër en die tollenaar van Luk18. Hoor bietjie hoe begin daardie gelykenis: “Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel ...” die nuwe Direktevertaling praat van “... mense wat oortuig was van hulle eie regverdigheid en op ander neergesien het ...” In al twee hierdie gelykenisse gaan dit oor ‘n ryk man en ‘n Lasarus. Die tollenaar se helebestaan is een noodkreet van: God help! “O God, wees my, sondaar, genadig!” Daarteenoor is die Fariseër met sy godsdienstigerykdom en al, sonder God.

Op die klankaf, klink dit byna so asof die Fariseër tog ook uit Godsegenadeleef. Immers, hy dankGod immers. Hy begin sy gebed ten minste met die woorde: “O God, ek dank U ...” Hy sê vir Goddankie. Hy erken dus, ten minste in teorie: Alles, alles is genade, onverdiende guns alleen, soos ons nou nogsing. Uit die res van sy gebed kom jy egter gou agter dat hy dan ook nétinteorie God se genadeerken: “O God, ek dank U ... dat ek nie soos die ander mense is nie ...” In sy dankgebed is hy die hele tyd besig om medaljes vir homself uit te deel.

Daar was ‘n Fariseër wie se gebedbloot maar ‘n ‘vroom geklets’ is, in die woorde van FlipTheron. En dan was daar ‘n tollenaar wat sê: God help!

Uit albeigelykenisse lê die verskil tussen ‘n ‘vroom geklets’ en ‘n smeking dat God sal help, skynbaar in die afstand tussen my en andermense, tussen die ryk man en Lasarus, tussen die tollenaar en die Fariseër. Wie op homselfvertrou, veragnoodwendig ‘die ander mense’. Tenspytevan sy kamstigedankgebed is die Fariseërbesig om sy godsdienstigebors so ver uittestoot, dat die tollenaarnienaby hom kan kom nie. G’n wonder daar staan in Luk 18: 13 dat die tollenaar ‘ver weg bly staan het nie’. Wie lewe by die noodkreet van “God help!”, vind dit onmoontlik om hom te distansieer van ‘die ander mense’, van die Lasarusse van die samelewing.

Hierdie selfdekloof tussen tollenaar en Fariseër, vind ons net so in die gelykenis van die rykman en Lasarus. Daar is ‘n onoorbrugbare kloof tussen die rykman en Lasarus. DirkieSmit skryf dat MartinLuthergesê het dat mens tog nie te vinnig by die woordjies “elke dag” moet verbylees wanneer jy aan die ryk man dink nie. Soos Lasarus se naam sy aard en karakterbeskryf, net so beskryfhierdietweewoordjies ook die aard en karakter van die rykman. Dit word sy naam, dit is hoe en wie hy is ... ‘Elke dag’: Vrolik en weelderig – dit is waaruit jy hele lewe bestaan het. Elke dag: Posisie, aansien, geluk, voorregte, besittings, vreugdes en genietinge. Elke dag. Dit was die somtotaal van sy bestaan. Daar is niksmeer oor hom tesêasdit nie. Selfgenoegsaam, tevrede, besig, plesierig. Hy het niemandnodignie en sienselfniemandraak nie, veral nie sukkelaars en bedelaars wat verlang na die krummels wat van sy tafelafval nie. ‘n Onoorbrugbarekloof tussen die selfgenoegsamerykman en die arm-salige Lasarus ...

Hierdie kloof is nieiets wat eers in die hiernamaalsgaanrealiseer nie, dit is nou reeds so. Daarom gaanditnie hier oorvergelding soos in ons Joodseverhaaltjie nie. Nee, in die ewigheidword net sigbaar, word net geopenbaar, wat noureeds in hierdiewêreld ‘n werklikheid is. Dat daar tussen die rykman en Lasarus in die eerstebedryf reeds “‘n groot kloof gevestig is” (staan daar letterlik), word in die tweedebedryf bloot maar net sigbaar, geopenbaar. Wie weier om net maar uit God se genade alleen te leef, vir hom hou God dan ook buite die poorte van die hemel. Jy kantognie vir God en Mammondien nie ... Jy leef van God se genade ... of jy sorg vir jouself. Die bedelaar het niks, behalwe vir God. Die rykman het op sy beurt weer alles, behalwe vir God.

Sien, genade is inderdaad ‘n mooi woord ... vir ‘n bedelaar – maar dan ook net vir ‘n bedelaar. Dirkie Smit wonder of Lasarus die enigste persoon met ‘n naam in ons gelykenis is? Ek wonder ook: Is die ryk man se naam nie tog dalk Hendrik nie, Hendrik Elkedag?